Our Reviews

compass

Kammanassie Group

07 – 11 August 2024

Kammanassie Camino Group

In Desember 2025 sien ek ‘n advertensie in Die Burger oor die Kamanassie Camino, en besluit DIT is ‘n stap wat ek wil doen.

Jy pak jou tekkies, stapstok en die res word voorsien. Ons is ‘n diverse groepie vroue – smulpape, koskenners, gym-bunnies, vinnige stappers, shopaholics, raakvatters – ietsie van alles – en ons sit af na De Rust.

Ons word ontvang deur Bernard & Hannerie Delport en hul span –
#LeRouxsesnoepie
#Johannesdiestorieverteller
#LisaBoeknKoeker
#OlgaendieBeer

Die gaafste en vriendelikste mense waaraan jy kan dink! Ons word bederf en eet die héérlikste kos! Niks is te veel moeite nie.

Elke dag ‘n gids wat saamstap – dankie – Phillip, Peter en Sjaan

Ons kuier saans op die stoep en lê in die swembad, daar word drankies aangedra, gebraai en ons lag uit ons maag vir die broers Delport se skreeusnaakse stories.

Ons verken De Rust – De Rustica Olyfplaas, en drinks op De Rust Hotel se stoep.

Bernard – jy en Hannerie het hier ‘n wenresep beet! Ons wens julle alle voorspoed toe met julle idees en toekomsplanne.

Elkeen in ons groep het ‘n fantastiese tyd gehad, die “attention to detail” kry jy nie op ander staptoere nie.

Ek het lanklaas so baie gelag met sulke stunning mense,
Tot ons weer daar draai!!

Hannelie, Sonja, Elana, Retha, Gerty, Nadine, Nerine, Annelie en Danita

PRAGTIGE, Natuurskoon landskap. Gasvryheid is die BESTE! Meeste voëls wat ek ooit in n kort tydjie kon identifiseer. Kos – onverbeterlik en BAIE. Die sterreprag is hemels. Ek kan eerlikwaar net aanhou en aanhou lof gee oor die paar dae hier. Baie dankie Bernard, Hannerie en Le Roux. Mag hierdie hike die gewildste in Suid-Afrika raak.
(Maak asseblief net seker ons kry 1 keer n jaar n plekkie.🙏💝)

Mart Barnard Nieuwoudt

Hierdie stap was vir my die ongelooflikste ervaring. Die gasvryheid opregte omgee van Bernard en Hanneri was besonders! Baie dankie my hart is vol!

Sonja Tipps

Ek stem saam, dit was die mees ongelooflikste ervaring wat ek altyd met my sal saamdra. Die besonderse gasvryheid, omgee, heerlike kos, die lekker lag! Baie Dankie Bernard en Hanneri, en elke liewe mens wat ek ontmoet het, julle is almal baie spesiaal!
❤️XX

Danita Fourie O'Connor

I am a true nature lover, especially of the Klein Karoo, l’ve often admired the “koppies” from afar. But having the chance to walk among them was an incredible experience. Our host, Bernard, and his family went above and beyond, adding so many thoughtful touches that made the journey truly remarkable, filled with unforgettable moments and plenty of belly laughs. The food was delicious and the accommodation was wonderfully cozy and comfortable. I highly recommend the Kammanasie Camino!

Melissa van Niekerk

Breathtaking experience!
Outstanding food, cozy bushcamp & exceptional hosts!

Emma van Niekerk

What an amazing experience! The scenic walks were some of the most beautiful ones of my life and we had such a great ‘kuier’ with the crew! Don’t get me started on the delicious food! 🥾🌿⛺️

Melissa van Niekerk

Die camino is definitief uitdagend maar terselfde tyd só ongelooflik lekker. Die natuurskoon slaan omtrent jou asem weg! Ek klim die Kammanassie berge enige dag weer. 🤩

Lisa Gerber

Hi Bernard and Hannerie, once again THANK YOU for an awsome Camino walk during October. It was a fantastic experience and ticked all the expectations….

From putting the Camino together, accommodation, refreshments, food, geselligheid…. it was awesome.

Wishing you all many more happy and blessed Walks for to come.

Warm regards,

Dando

Daar is nie woorde om te beskryf hoe wonderlik ons hele naweek was nie. Die hele atmosfeer van die Camino was onverbeterlik. Die toewyding van Bernard en Hannerie om die naweek vir ons onvergeetlik te maak, kan nie maklik in woorde omgesit word nie. Ek kan dit defnitief aanbeveel vir enige iemand wat uit die stad en in die natuur vir ‘n paar dae wil kom leef. Baie dankie julle!

Martel Coetzee

Our family was in search of a much needed escape from the city buzz. And Kammanassie Camino did not disappoint!
Amazing views, tranquil environment, safe route, and a calming ambiance.
Well organised, stunning accommodation, and thumbs-up to our tour guides! I can still taste those roosterkoek and farm style rusks…
Hope to see you again soon, and we wish you all the best on this (ad)venture!

Ilismi Smit Du Toit

Thank you Bernard, Hannerie and fellow hikers, for a wonderful few days in one of the most beautiful places in this country. Kamannassie is such a well-kept secret – 1 am so happy to have experienced it.
Nothing but praises and thanks to the Camino team for their attention to detail, care for their guests, catering and evening meals, and all that went to make this a special event.

Nicole Welz - (AUG STAP)